Sirkel: Weskus
Tak: Leipoldtville
VLVK Projek
Beriggewer: Elsabe Carstens
Datum: 26 April 2022

VLVK Projek: Bewaar ons erfenis / Save our heritage

Op 4 Augustus 2021 het die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Dr. Ivan Meyer, by ‘n geleentheid op Langebaan saam met Sirkel Weskus VLV, bome oorhandig aan die Sirkel vir hulle VLVK-Projek: Bewaar ons erfenis/Save our Heritage.

Dit is versprei tussen al die 14 Takke in Sirkel Weskus. Aangesien dit ‘n baie warm tyd van die jaar was, is daar besluit om die bome eers bietjie te vertroetel tot nou toe.

Op 26 April is die vier Kaapse Essenhout bome en een Olienhoutboom geplant deur Elsabe Carstens, Sirkel President Weskus, Marietjie Carstens, Saamroeper Landbou & Tuinbou en Appel Fortuin, opsigter van 2 skole in Leipoldtville. Die bome is geplant voor die een skool by die ingang van die dorp.

Daarna het die dames ook veld toe gegaan en bolle en saadjies geoes van die Maart-lelies om te herplant in die dorp en so ook die dorp te verfraai. ‘n Heerlike uitstappie op ‘n pragtige herfsdag vir ‘n paar flukse VLV dames!

Elsabe Carstens, Sirkelpresident Weskus, gee die bome ‘n bietjie kalk.

Boomplant dag 26 April 2022

 

 

Maartlelie met sy bolle

 

 

 

 

 

 

Anita Lalor werk hard om die bolle uit te grawe

 

 

 

 

 

 

 

Annette Gilham spit dat die stof staan

   

Essenhoutboom                                                                              Olienhoutboom

Flukse dames aan die uitspit