Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Beriggewer: Anouise O’Connell
Datum: 23 April 2022
VLV Alexandria kon na die 2 jaar van Covid inperking uiteindelik hulle jaarlikse Damesoggend aanbied. Al ons keuses het gevolge en as ons ons biologie self reguleer en ‘n interne sin van veiligheid skep, sal ons beter besluite neem –built on our outonomy – en gesonde grense en verhoudings hê wat gebaseer is op wederkerige respek.
Die tema was: “Tea at Tiffany’s” en nie net die voorstelling van die “Blue Box restaurant” in Tiffany’s New York, het die gaste in verwondering gehad nie, maar die gasspreker Donnae Godly, en die sanger, Jaco Bezuidenhoudt, het die Tema in hul aanbiedings deurgetrek.
Die kleurskema was Tiffany blue, wat deur die stigter van Tiffany’s in die 1850’s, ikonies was van die geskenkboksie waarin Tiffany’s se uitsonderlike, amper koninklike handgemaakte juwele verpak is.
Elke gas het ‘n blou geskenkboksie met ‘n stel krale-oorbelle in ontvang, asook heerlike verversings.
Jaco het die gaste vermaak met liedjies soos Moon River, Forever in Blue Jeans (Neil Diamond), Blou(Andre Swiegers) en Blue suede shoes(Elvis Presley).
Anlouise O’Connell het interessante feite oor die kleur “Blou” met die gaste gedeel.
Donnea Godley, Holistiese Sielkundige, spreek die gaste toe oor ‘Emosionele Onafhanklike vroue in die wȇreld vandag’. Sy koppel dit aan die oggend se Tema nl. “Tea at Tiffany’s” en die “Blue box” wat eie aan Tiffany’s New York is, en vra watter waardes ons binne ons persoonlike “blue box” sit. “Serenity and safety, love, loyalty and friendship, wealth and happiness” en die belangrikste dalk die pogings om die sin van ‘behoort aan’ te verseker.
Sy hanteer die vraag wat ontstaan: kan ons beide ‘behoort aan’ en emosioneel onafhanklik wees?
Agter: Anlouise O’Connell, Voorsitter Alexandria Tak en voor Hannelie Low, Sirkelpresident, Sirkel Middelland.
Leave A Comment