Sirkel: Paarl
Tak: Slot van die Paarl
Sirkelnuus – Women walk the World
Beriggewer: Annalise Loubser
Datum: 23 April 2022
Alhoewel die amptelike datum vir die Wêreldbond van Plattelandse Vroue se Women walk the World op 29 April val, het 20 Dames van VLV Sirkel Paarl se takke Slot van die Paarl, Klein-Drakenstein, Paarl-Aand en Suider Paarl op 23 April deelgeneem.
Lede het mekaar op die parkeerterrein van die Afriaanse Taalmonument ontmoet. Die stappery by die Taalmonument het die VLVtema van Bewaar ons erfenis onderskryf. Die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl, meer ‘n beeldhouwerk as argitektoniese werk, is ontwerp deur argitek Jan van Wijk wie se as in een van die graniet rotse op die terrein begrawe is. Die amptelike opening deur Eerste Minister BJ Vorster op 10 Oktober 1975, simbolies 100 jaar na die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners en 50 jaar nadat Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken is, is deur 40,000 mense bygewoon.
Inligtingsbrosures en oudiogidse is by die Besoekersentrum beskikbaar.
Die Groen Gallery het tydelike uitstallings in uitstalkaste van herwonne hout en glas.
Die oudste Taalmonunemt in Suid Afrika is in 1893 in Burgersdorp ter erkenning van die Nederlandse taal opgerig.
In die Tydskrif van Geesteswetenskappe is ‘n baie intressante artikel, “Die Afrikaanse Taalmuseum en Monument in die Paarl 40 jaar later”, deur Annemarie van Zyl van die Taalmuseum en Prof Jannie Rossouw, voorsitter van die Universiteit Witwatersrand se Sakeskool. Die oprigting van die monument en totstandkoming van die Taalmuseum was nie sonder die gebruiklike verskille in menings oor die hoe, wat en waar nie.
’n Gids het die groep deur die monument gelei en ingelig oor die simboliek van die struktuur. Die dames het al op die geplaveide paadjies met verskeie roetes om die monument geloop, die natuur en die uitsig bewonder en die varslug geniet. Al geselsend het hulle die boomtuin ook besoek en die naamplaatjies met die botaniese name sowel as die volksname bestudeer. Die naamplaatjies is geborg deur “donateurs”, o.a. Slot van die Paarl. Agterna is verversings geniet by die restourant op die terrein.
Van die stappers van VLV Sirkel Paarl met Sirkelpresident Marinda Rall voor met die rooi baadjie.
Stappers leer meer by Thomas van die geskiedenis van die Monument.
Leave A Comment