Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Tema: Leefstyl
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 13 April 2022

Petie Pretorius van Villa Brocant deel wenke vir die dek en versier van tafels. Gebruik liefs vars blomme waar dit opsigtelik vertoon word.

Blomme is baie duur, gebruik wat beskikbaar is. Vervang blomme met kruie, sierkool of appels in ‘n bak met klapperhaar. Dek ‘n teetafel met mooi breekgoed, verskillende kleure vertoon treffend.

Om ‘n mooi houttafel ten beste te vertoon, kan ‘n tafeldoek of loper net in die middel gegooi word. Onderborde is tans baie gewild, maar plekmatjies met blomme of spreekwoorde kan ook gebruik word.

Petie Pretorius

Teetafel                                               Met appels                                              Met sierkool

Carien van Niekerk, Marietjie Steyn, Esta Twigge en Marthie Grobler ontvang sertifikate vir prestasies by die afgelope konferensie