Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 13 April 2022
Aberdeen VLV se April 2022 vergadering was een waar HOOP gebring is op die gebied van gesondheid.
Lea van der Vyver verwelkom al die lede, die sprekers asook ‘n besoeker, mev. Susan Brϋmmer, wat 60 jaar lid was van ‘n VLU-tak in die Vrystaat. Adele de Jager open met ‘n gepaste stukkie uit Lehandi du Randt se boek, waar sy ons aanspoor om deur liefde in Jesus Christus gelei te word – veral in ons opvoedingstaak as ouers.
VLV sake word bespreek, waarna Christelle Nel haar humoristiese brief voorlees waarmee sy tydens die afgelope konferensie ‘n eerste plek in die Woordkuns Kompetisie behaal het. Een van die lede, Elise Steynberg, het onlangs aan die “Ironman” deelgeneem en deel haar ervaring van die dag, asook teleurstelling omdat die swem-afdeling a.g.v ongure weer nie kon plaasvind nie.
Toe was dit tyd vir die Studierigting, waar twee Mannatec-verteenwoordigers, Marché van der Merwe en Anari Gunter, breedvoerig uitgebrei het oor al Mannatec se produkte. Die hoofkenmerk is die feit dat Mannatec slegs natuurlike produkte bevat en sodoende kan ‘n gesonde leefstyl op ‘n natuurlike manier gehandhaaf word.
Na afloop van die vergadering, is behoorlik weggelê aan Heidi Lombard en Annalie Lategan se heerlike eetgoed. Natuurlik was daar paasbolletjies en paaseies op die spyskaart, om ons sodoende in die Paasfees-stemming te kon bring.
Lizé de Jager wen die gelukkige trekking van die dag.
Anari Gunter, Adele de Jager & Marché van der Merwe
Teetafel met heerlike eetgoed
Pragtige rose uit Annalie Lategan se tuin
Agter: Annalie Lategan, Marché van der Merwe, Susan Brὕmmer, Christelle Nel, Lea van der Vyver, Magriet Haasbroek, Adele de Jager, Karen van Rensburg, Elise Steynberg, Suzanne Lategan & Luise de Jager. Voor: Lizé de Jager, Maryke Lategan & Heidi Lombard
Leave A Comment