Sirkel : Overberg
Tak: Hermanus
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Marlene Swart
Datum: 13 April 2022

Hermanus Tak het op 13 April vergader en lede het deur middel van Mary Faure die Kunste in Hermanus leer ken.

Mary Faure is direkteur van Hermanus Fynarts. Mary is ‘n fisioterapeut wat aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer het en later ook hoof van die afdeling was. Sy het ook ‘n graad in kunsgeskiedenis en dit is waar haar passie lê. Nadat sy en haar eggenoot Europa plat getoer het en elke gallery moontlik besoek het , het hulle in Hermanus kom woon, waar sy haar nou voltyds aan die kunste en bemarking daarvan toewy. Sy het by die toerisme kantoor begin werk en daar die eerste Fynarts begin .

Hermanus is ‘n dorp van kunste. Dit is bekend vir die jaarlikse Walvisfees, begin Oktober, wanneer die beste tyd is om Walvisse te kom kyk.

Kalfiefees is in September en is bekend vir Afrikaanse kuns en kultuur .

Fynarts is in Junie vir ‘n volle 10 dae. Hierdie jaar is dit ook hulle 10de jaar en die datums is vanaf 10 tot 19 Junie. Elke lid ontvang ‘n volledige program van alles wat gebeur en waar dit gebeur. Behalwe vir al die opvoerings en uitstallings is daar verskeie werksessies wat aangebied word, bv. selfoon fotografie, droog van blomme, beeldhouwerk, kolwyntjie meestersklas en nog vele meer. Die beelde wat jaarliks nuut opgesit word by Gearing Point is ook van die gewildste besoekpunte en hierdie jaar gaan daar 12 nuwe beelde wees.

Hier is tans 23 gallerye, almal betrokke met skilderye, juweliersware en “crafts”. Elke eerste Vydag van die maand vanaf 17h00 tot 20h30 is hier ‘n “Art Walk”, besoekers kan stap van die een gallery na die ander, ‘n glasie wyn geniet en iets peusel. Daar is gewoonlik ‘n tema vir die maand. Desember doen hulle “Night of a 1000 drawings” Mense word uitgenooi om A5 skilderye te maak en al die skilderye word dan teen R100 verkoop. Jy kan dus ‘n oorspronklike skildery vir ‘n R100 koop, wat heeltemal bekostigbaar is. Hierdie aand se fondse word aan ‘n liefdadigheids organisasie geskenk.

Die vergadering het ook ‘n uitstalling gehad van een van die lede se Tjokko verf werke, sowel as ‘n uitstalling van die artikels wat by die Maart 2022 se Konferensie was.

Die vergadering se kompetisie tema was Paasfees.


Mary Faure direkteur van FynArts

 
Paasfees ruiker                                                                                   Paasfees kaastertjies