Sirkel: Weskus
Tak: Graafwater
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Marina Visser
Datum: 12 April 2022

Op Dinsdag, 12 April, het die dames van Graafwater VLV hulle kreatiewe hoedjies opgesit, towerstaffies – ag verfkwaste –  uitgehaal en ‘n heerlike “chalk paint / tjoko verf” klas geniet. Die klas is deur Magda Kotze aangebied. Die dames was dit eens dat dit ‘n genotvolle VLV vergadering was.

“Chalk paint” is al in 1990 deur Annie Sloan ontwerp, nadat sy opsoek was na ‘n verf wat minder voorbereiding geverg het en makliker was om te gebruik.
Omdat “chalk paint” op enige oppervlak kan werk en maklik is om te gebruik, kan enige iemand lekker kreatief raak met diè verf.