Sirkel: Weskus
Tak: Eendekuil
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Lydia Le Roux
Datum: 2022-04-13
Op 13 April 2022, het Bianca Theron, saamroeper vir Openbare Sake, ons verras met ‘n positiewe en insiggewende vergadering: Annamarie de Klerk vanaf Porterville het ons besoek en vertel van haar betrokkenheid in Malawi, waar sy vir 47 jaar gewoon en gewerk het en steeds jaarliks besoek aflê. Sy beywer haar vir die opheffing van die vroue van Malawi, onder andere om geletterdheid en werkskepping te bevorder. Met die vertoning van vele skyfies, kon ons ‘n kykie kry in die daaglikse lewe, omstandighede en kultuur van die Malawiërs asook van die landbou en ekonomie.
Van links: Mary-Ann van Schalkwyk, voorsitter van Porterville VLV en Sirkelsaamroeper van Gesondheid, was ons gas.
Marié Grobbelaar, Voorsitter van Eendekuil VLV en Saamroeper van Opvoeding en Kultuur, asook visie-voorsitter van Sirkel Weskus.
Annemarie de Klerk van Porterville, die spreker van die dag.
Bianca Theron, saamroeper van Openbare Sake by Eendekuil Tak
Annamarie de Klerk vertel en vertoon foto’s van haar jarelange uitreik na die vroue van Malawi. Die bak wat sy vertoon is tipies van wat gebruik word by die voorbereiding van etes. Sy het ook ‘n boek gepubliseer van haar betrokkenheid by die vroue van Malawi.
Marié en Mary-Ann ontvang elk ‘n kopie van die boek, met die gedagte dat dit onder die takke van ons Sirkel versprei sal word.
Sommige van ons lede het paasbolletjies gebak.
Helmien Rossouw, bobaas-bakster, beoordeel en gee wenke oor hierdie produk.
Van links: Natalie van Porterville Toerisme, Lettie de Waal, Helmien Rossouw en Bianca Theron
Na die vergadering verkeer ons gesellig saam en geniet heerlike eetgoed.
Leave A Comment