Sirkel:Tygerberg
Beriggewer: Ita van der Merwe
Datum: 09 April 2022
Sirkel Tygerberg het vanjaar die Iris House Hoepies as projek vir 2022 aangeneem.
Op 09 April het Sirkel Tygerberg die veilige hawe vir + 600 hulpbehoewende gestremde kinders besoek. Daar is bevoegde versorgers om aan die kliënte, van babas tot volwassenes, die nodige sorg en stimulasie te bied. Diere soos perde, hoenders en skape word aangehou om te help om die kinders se behoeftes aan te spreek. Hulle verbou hul eie groente en het ook ‘n sensoriese tuin aangelê om die kliënte te help met hul verdere ontwikkeling.
Daar word nie voorsiening gemaak vir kliënte om oor te slaap nie, maar hulle word gedurende die dag gestimuleer en aan hul behoeftes voorsien en keer dan terug na die ouerhuis. Die ouers word ook bygestaan in die versorging van die “kinders”. Hulle het dié dag ‘n ope mark op die terrein met verskeie uitstallers aangebied. Die kliënte wat daartoe instaat is, kon ook aan ‘n paaseiersoektog deelneem.
Die verskillende takke van Sirkel Tygerberg het bydraes van nie-bederfbare voedsel, truitjies, speelgoed en ander hulpmiddels bymekaar gemaak en op 09 April aan hulle oorhandig.
Die Sirkel is van plan om gedurende die komende jaar gereeld betrokke te raak deur skenkings van noodsaaklikhede om in hul behoeftes te voorsien.
Lede van Sirkel Tygerberg het met skenkings na die hospice gekom. Regs voor is mev Sue van Zyl die eienares en bestuurder en agter, tweede van regs, is mev René Nel, Sirkelpresident.
Leave A Comment