Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 29 Maart 2022
Klein-Brakrivier VLV leer weef
Wat is nou lekkerder om so aan die begin van die herfsseisoen te doen, as om te leer weef? Klein-Brakrivier se eie weef-Guru en eerste prys Konferensie wenner vir weefwerk – Retha Nagel (en haar span gasvroue) het lede en gaste in ‘n pragtige saal verwelkom. Die saal het spog kompetisie- en gepaste Leefstyl uitstallings gehad.
Een van die lootjies vir hierdie byeenkoms was ‘n pragtige handgemaakte lappop (ook deur Retha Nagel), ideaal vir iemand se kleindogter. ‘n Gas was gelukkig om met hierdie pragstuk huis toe te gaan. Retha was gereed vir die oggend kompleet met uitdeelstukke, stopnaalde, wol en klaar voorbereide “raampies”. Sy het die basiese beginsels van weef bespreek en gedemonstreer. Die gasvroue het uitgehang met heerlike eetgoed en filterkoffie.
Voordat daar weggespring is met die werksessie, het Annlerie van Rooyen van Ageless Grace, almal kom “opwarm” met bewegings op “Whole lot of Shaking”. Die oefeninge het met baie lag gepaard gegaan en almal was daarna gereed om nuwe vaardighede aan te leer en te vertrek met die begin van ‘n eie stukkie weefwerk.
Weefstukkie in wording Retha Nagel se uitdeelstukke
Annlerie van Rooyen wys hoe mens moet oefen
Links na regs: Rosemarie & Deville – gereed vir die volgende oefening
Van links na regs: Meisie, Cecilia en Ria doen lekker oefeninge
Retha Nagel met haar wen-weefstuk
Leave A Comment