Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 23 Maart 2022
Aberdeen VLV se Maart 2022 vergadering was propvol idees, wenke en ‘n kosdemonstrasie.
Lea van der Vyver verwelkom al die lede asook die paar besoekers. Sy open soos altyd met ‘n stukkie pitkos, waar sy elkeen uitdaag om God op Sy Woord te neem. Hy is getrou en sal jou deur swaarkry dra.
Na bespreking van ‘n paar VLV sake, was dit tyd vir die studierigting van die dag. Carina Esterhuizen, Leefstyl saamroeper, het ‘n baie bekwame boervrou van Rietbron, Norette Janse van Rensburg, gekry om die volgende met die dames te deel:
• Spyskaartbeplanning vir funksies
• Tafeldekor idees
• Huishoudelike wenke
Daarna volg die hoogtepunt van die oggend met ‘n kosdemonstrasie deur Norette. Sy berei van haar immer gewilde gekrummelde sampioene, calamari en vis voor. Dit was egter meer as net ‘n demonstrasie – sy sorg vir genoeg sampioene en calamari dat die dames terselfdertyd ‘n ligte en voortreflike middagete kon geniet.
Elna van Niekerk wen die gelukkige trekking van die dag.
Ná die ete het Suzanne Lategan en Luise de Jager die dames bederf met heerlike soetgoed.
Norette Janse van Rensburg
Idee vir ‘n teetafel
Pragtige rangskikking
Heerlike gekrummelde sampioene Heerlike calamari bederf
Teetafel met soet eetgoed as nagereg
Leave A Comment