Sirkel: Paarl
Tak: Suider Paarl
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Datum: 16 Maart 2022
Beriggewer: Gonny du Plessis

Die Suider Paarl Tak het op 16 Maart hul Opvoeding en Kultuur vergadering gehou en me Hendrina Rossouw, ‘n voormalige skoolhoof van Hoër Meisieskool in die Paarl, het die vergadering waargeneem.

Die twee skoolhoofde van die 2 groot meisieskole in die Paarl was ook uitgenooi.Hul was me Elsabѐ Conradie van Hoërskool La Rochelle en Mev Marianne van Zyl van Hoër Meisieskool.

Vlnr: Patsy Mathyssen, ‘n gas, mev Marianne van Zyl, skoolhoof van HMS en me Elsabe Conradie, skoolhoof van La Rochelle.

Die hoofspreker was Mnr Bertram Lorison, Hoofdirekteur van Weskaapse Onderwys Departement. Hy het ‘n baie leersame en insiggewende praatjie gelewer oor “Volhoubaarheid”, ook die tema van die VLVK. Die onderwerp het al ‘n wêrelddebat geword en daar is tans 17 doelwitte wat teen 2030 bereik moet word. Dit sluit in armoede, hongersnood, gesondheid, skoon water en sanitasie, geslagsgelykheid en ekonomie om maar ‘n paar te noem. Hy noem dat die onderwys van vandag baie uitdagend is en kinders moet geleer word om met ‘n visie te lewe.

Ook gaan daar van 2023 af meer tegniese vakke in sekere skole aangebied word om leerlinge meer vaardighede te leer en tegnies op te lei omdat daar vandag groot tekorte aan tegnici is.

Hy sluit sy praatjie af met die woorde van Nelson Mandela, nl “Education is the most powerful weapon we can use to change the world”

 

 

 

 

 

 

Berta Spangenberg, sekretaresse, oorhandig aan mnr Lorison, hoofspreker, die gelukkige trekking wat hy gewen het.

 

 

 

In haar bedanking het me Rossouw aan die skole elk ‘n groot plakkaat geskenk wat sy self gemaak het oor volhoubaarheid en die skole uitgedaag om soveel moontlik daarmee saam te werk vir die toekoms.

Die 17 doelwitte waaraan die Departement van Onderwys gaan werk.