Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Zylia Fourie, Wenda Preuss en Alet Colyn
Datum: 16 Maart 2022

Met die afgelope konferensie kan ons Tak weer met ‘n paar pryse spog. Renè Tepper het 1ste plek met haar grenadella stroopkoek en pynappellekkers gekry, asook 2de plek met die spaghetti in tamatiesous. Die pynappellekkers het ook die prys vir die mees uitstaande inskrywing in die Leefstylkategorie gekry. Joan le Roux het die 1ste plek vir die gebreide hemp gekry en Wenda Preuss het die fotokompetisie gewen en die 3de plek met haar bontrokpoeding verwerf. Magdaleen Joubert het 2de plek vir haar borduurwerk gekry. Almarie Moodie, Karin Marais en Zylia Fourie was die ander deelnemers wat ons Tak se naam hoog gehou het.

 Wenda Preuss, Joan le Roux en Renè Tepper.

Dr. Dale Cilliers, hoof van ‘n rehabilitasiesentrum, was die spreker tydens ons maandvergadering. Hy het o.a raad gegee oor hoe ouer mense weerstand teen Covid kan bied. Hy beklemtoon die 8 F’s wat noodsaaklik is, nl. family, friends, fond thoughts, fitness, food, finances, faith en fun.
1. Familie is belangrik. Sorg dat jou verhouding met hulle reg is.
2. Vriende se bystand en ondersteuning is belangrik.
3. Sorg dat jou herinneringe mooi is.
4. Bly aktief en oefen gereeld.
5. Eet vars groente en vrugte en bou so jou immuniteit op.
6. Sorg dat ‘n betroubare persoon in beheer van jou finansies is.
7. Plaas jou geloof in die Here – Hy is getrou.
8. Lag lekker en geniet die lewe!

Dr. Dale Cilliers (spreker), Charlotte Huysamer (sameroeper) en Wenda Preuss (voorsitter).