Sirkel: Paarl
Tak: Suider Paarl
Konferensie 2022
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 10 Maart 2022
Die Suider Paarltak kon uiteindelik vanjaar op 10 Maart die Konferensie van Sirkel Paarl aanbied nadat dit verlede jaar gekanselleer is weens die inperkings aangaande die Covid 19 pandemie.
Dit is gehou in die Slot van die Paarl kerksaal en die tema vir die dag was ‘n Piekniek. Die saal was daarvolgens versier met groen gras en boompies en vlaggies. Al die afgevaardigdes en gaste is voorsien van’n knapsak met nie-bederfbare produkte en vir middagete was daar vir elk ‘n kissie met heerlike eetgoed soos vir ‘n piekniek.
Die VLVK president, mev Estelle du Plessis, het die aangeleentheid bygewoon en ‘n toespraak gemaak.
Bestuur van die Paarl Sirkel saam met die President van VLVK. Agter: Aletta Keyser,tesourier, Gonny du Plessis ,visepresident en Berta Spangenberg, sekretaresse. Voor: Mev Estelle du Plessis , die President van VLVK en die president van Paarl Sirkel, Mev Marinda Rall.
Die hoofspreker was mev Annemarie Ferns van Stellenbosch. Sy het gepraat oor die tema van die jaar nl. Volhoubaarheid. Sy het die 17 doelstellings genoem en sekeres uitgelig en daaroor meer vertel. Sy het ook vertel van haar loopbaan in die politiek en waarmee sy alles te doen gekry het. Sy het klem gelê op die feit dat die mense van Suid Afrika moet hande vat en so die toekoms ingaan.
Heel regs die hoofgasspreker, Mev Annemarie Ferns.
Die onderburgermeester van Drakenstein Munisipaliteit, mnr Gert Combrink, het ‘n groete boodskap oorgedra en ‘n pragtige filmpie van die Paarl gewys.
Onderburgermeester Mnr Gert Combrink, mev Marinda Rall en Gonny du Plessis
Mev Hetta Terblanch – Van Deventer (links) het haar nuutgevonde tee met rooibostee as basis kom bekendstel en die gaste laat proe. Hier is sy saam met mev Francina Marais van Wellingtontak.
Na die pryse en bekers uitgedeel is, is die TipTop beker aan die wenner, nl Strandtak, oorhandig.
Mev Marinda Rall oorhandig die Tip Top Beker aan Mev Leta du Preez, Voorsitter van Strandtak.
Almal wat pryse gewen het vir die kompitisies.
Mnr Bram Potgieter en sy groep het die musiek verskaf.
Lede van Stellenboschtak met hoede vir die piekniekoggend.
Lede van Slot van die Paarltak
Lede van Suider Paarltak wat die Konferensie aangebied het. Agter: vlnr Wilma Kock, Hendrina Rossouw, Gonny du Plessis, Rosa Lategan en Ely Brown.
Voor: v ln r Annie D van Schalkwyk, Jenny Ruthven en Karin Visser.
Leave A Comment