Sirkel: Noordwes-Kaap
Tak: Oranjevallei
Konferensie
Beriggewer Mieke Bezuidenhout
Datum : 11 en 12 Maart 2022
Die 88ste Sirkel Noordwes-Kaap konferensie is aangebied deur Oranjevallei Tak te Oranjerus Oord . Oranjerus is ‘n regte oase langs die Oranjerivier en het bygedra tot ‘n heerlike ontspanne atmosfeer. Alhoewel Eskom ons lelik in die steek gelaat het deur 90% van die konferensie af te wees het dit geen afbreuk gedoen aan die positiewe gesindheid en geselligheid .
Die konferensie lokaal .
Die portefeulje vir die konferensie was Leefstyl en die tema is deur ons sameroeper Elmarie van Niekerk uitgebeeld met ‘n kompetisie waar lede moes raai aan wie die trourokke wat tentoon gestel is, behoort het . Die uitkoms was nogal baie verrassend .
Ons Sirkelpresident, Wilna Nel, aan die woord met links ons Vise-president Corrie Liebenberg en regs Esmé du Toit ons sekretaris en Sameroeper vir Opvoeding en Kultuur .
Ons Sirkelpresident het ‘n baie positiewe presidentsrede gelewer en weereens takke aangemoedig tot ledewerwing .
Kompetisies is baie goed op konferensie vlak ondersteun . Beoordelaars besig met beoordeling , Jacomien Esterhuizen met agter haar Elmarie van Niekerk , Roleen Groenewald en Andrea Wenholt hulp- sameroeper, Leefstyl.
Links: Tak met meeste punte Upington, trofee ontvang deur hulle voorsitter Mandi vd Westhuizen ,oorhandig deur Sirkel President Wilna Nel en links Rina Brink lid met meeste inskrywings en 1ste plek in Borduurwerk , hekelwerk ,brei en handvlyt.
Middel:Tak met tweede meeste punte Oranjevallei , hier ontvang Elmarie van Niekerk haar trofee vir Positiewe houding en harde werk.
Regs: Tak met derde meeste punte Keimoes .Hulle voorsitter Aretha Meerholz-Vos ontvang die trofee.
Die Gasspreker was Cristel Basson , sy is ‘n boorling van die Noordkaap maar woon tans in Bloemfontein en haar ma Elsabé Rossouw, hier op die foto saam met haar , is lid van Oranjevallei tak . Sy werk tans in landbou as nasionale bemarkings-en kommunikasie bestuurder van OVK . Christel het oor die laaste paar jaar verskeie motiveringspraatjies gehou ,sy het haar eie boek gepubliseer en het ook al verskeie boeke geskryf wat uitgegee is deur Carpediem Media.Sy bied werkswinkels aan en deel graag haar drome oor vrouwees.Christel het ‘n passie vir die lewe en glo daar is nie iets soos issues of probleme nie – daar is net uitdagings. En vir uitdagings is daar altyd “ volhoubare “ oplossings . Christel was tewens ook ons Opvoeding en Kultuur spreker.
Vir Kunste en Handvlyt is daar ‘n werkswinkel in “Dotart “aangebied. Hier is die gasvrou tak Oranjevallei se lede heerlik aan die speel .Vlnr Christine Lintveld, Mariëtte Crafford, Marion Botma, Annette Vermeulen, Danelle Gouws en Lynette Gagiano .
Die sprekers vir Landbou en Tuinbou Melisa en Gog vd Colff het kom praat oor hulle dagga boerdery . Die lede was baie geïnteresseerd hierin en het baie vrae gehad . Vir meeste was dit ook die eerste keer dat hulle ‘n dagga plant gesien het en ook daaraan kon vat.
Gesondheid portefeulje was ‘n baie interessante praatjie deur Lauren Bezuidenhout en Dorien Botha oor essensïele olies en hoe om jou huis chemikalie vry te maak. Lede het ook ‘n “handscrub” self gemaak.
By die aandfunkie is daar as Leefstyl se bydrae ‘n “wine pairing “ aangebied as voorgereg . Hier proe ons Leefstyl en hulp –Leefstyl sameroepers Andrea Wenholt en Elmarie van Niekerk heerlik aan hulle happies en bypassende wyne.
Oranjevallei tak vier vanjaar hulle 30ste bestaans jaar en die aand funksie is dan ook afgesluit met ‘n heerlike verjaarsdag koek.
Sirkelbestuur vir 2022
Vlnr Jean du Randt sameroeper Openbare Sake , Keppies Spangenberg voorsitter van Kakamas tak , Esmé du Toit, sirkel sekretaris en sameroeper Opvoeding en Kultuur en voorsitter van Marydale, Wilna Nel, Sirkelpresident , Corrie Liebenberg , sirkel vise- president en voorsitter van Prieska , Christa Lochner sameroeper Landbou en Tuinbou en voorsitter van Augrabies , Mieke Bezuidenhout sirkel Tesourier ,sameroeper Kunste en Handvlyt en voorsitter van Oranjevallei , Andrea Wenholt, hulp-sameroeper Leefstyl , Elmarie van Niekerk sameroeper Leefstyl , Mandi vd Westhuizen, voorsitter van Upington en Aretha Meerholz-Vos, voorsitter van Keimoes
Leave A Comment