Sirkel : SWD
Konferensie 2022
Datum: 10 Maart 2022

Tydens die afgelope konferensie van Sirkel SWD is Elize Locke as die nuwe Sirkelpresident verkies. Sy volg Mev Johlene Muller op wat na 12 jaar die tuig neergelê het.

ELIZE LOCKE

Elize Locke matrikuleer aan die Hoërskool Vryheid en verwerf haar Nasionale Diploma vir uitvoerende sekretaresses aan die Pretoria Technikon. Sy verhuis vanaf Emalahleni, Mpumalanga na Gouritsmond in die Suid-Kaap. Sy is getroud met André en het twee kinders, ʼn skoondogter en ʼn kleinkind.

In 2008 sluit sy aan by Voëlvlei en is voorsitter vanaf 2009. Op die sirkelbestuur was sy Gesondheidsaamroeper en visepresident.

Sy hou van borduur en hekel, vaardighede wat sy by die VLV geleer het. Sy neem graag deel aan kompetisies, omdat sy leer uit haar foute en nie omgee om vir haarself te lag nie. VLV stel uitdagings en haar grense word gedurig verskuif. As introvert het sy nooit gedink dat sy as voorsitter en nou as Sirkelpresident sal lei nie.

Sy sê: “Ek is dankbaar vir God se genade”