Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 14 Maart 2022

Klein-Brakrivier lede woon Eden Tak se werksessie by.

‘n Groot groep van Klein-Brakrivier lede het Eden tak se handvlyt werksessie bygewoon. Behalwe die uitstekende werksessie waarby lede baie baat gevind het, was daar heerlike eetgoed, ‘n genotvolle opwarming sessie op die maat van musiek en heelwat raad en wenke. Beslis ‘n inter-tak gebeurtenis om te herhaal.

Op die foto van links na regs sittend:
Retha Nagel, Bessie Craggs, Mina Marais, Helen le Roux en Gerda Sieberts.
Staande van links na regs:
Ria van Straaten, Deville du Plessis, Meisie Pretorius, Lydie Terblanche, Suzette O ’Kelly en Suzanne le Roux. Delise Erasmus, ook van Klein-Brakrivier, het die foto geneem.