Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Murraysburg
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Theresa Troskie
Datum: 9 Maart 2022

Boekbespreking: Maretta bespreek die boek, So jonk as wat jy dink kortliks.
Die boek wat deur verskillende skrywers geskryf is, beklemtoon weer belangrike lewenswaarhede, bv. maak vrede met hoe jy lyk, die leënessindroom, en baie meer. Die boek lees maklik en is uiters leersaam.

Praatjie: Die skildklier/tiroïedklier
Die dokter wat jou vir ’n onder- of ooraktiewe skildklier behandel, word ’n endokrinoloog genoem. Maretta bespreek die simptome van onderaktiwiteit sowel as ooraktiwiteit van die skildklier. Sy bespreek ook die behandeling van hierdie toestand.

Praatjie: Die gesondheidswaarde van heuning
Maryn de Klerk, vertel entoesiasties en kundig watter gesondheidswaarde daar alles in heuning verskuil is.

Heuning is die oudste natuurlike kossoort. Heuning is na 3 000 jaar in Egiptiese graftombes gevind, erg versuiker, maar nadat dit in die son gestaan het en die sandsuiker gesmelt het, was dit steeds in ’n uitstekende toestand! Die antieke Romeine en Grieke het ook reeds heuning as “antibiotika” gebruik.

Maryn stel ons bekend aan die Simply Bee produkte. Vir hierdie besigheid kom die bye eerste, hul byekaste is omtrent 10km ver van enige kommersiële plante sodat die bye uitsluitlik op die fynbos van die omgewing aangewese is. In die Swartland waar Simply Bee produkte vervaardig word, het die maatskappy ook ’n observasiesentrum. Hier word mense bewus gemaak van bye en hul medisinale waarde.

In sy leeftyd van 45dae, produseer ’n werkerby slegs 0,8 ml heuning. ’n Werkerby kan ’n mens slegs een keer steek, terwyl indringer insekte herhalend en keer op keer gesteek word.

10 redes om heuning te gebruik:
• Heuning is antibakteries en antisepties.
• Dit is anti-inflammatories en beskerm die lugweë.
• Dit gee energie.
• Dit help om spiere sterk te hou.
• Dit versterk die witbloedliggaampies in menslike bloed wat help om spiere sterk te hou.
• Dit hou jou tande sterk.
• Heuning is ryk aan anti-oksidsante.
• Dit help met spysverteringsprobleme.
• Dit is ’n kuur teen maagsere.
• Dit help vir slapeloosheid en verlig hoofpyn.

Gehoorstukke: Renée Swanepoel, vertel ons dat die besluit om ’n gehoorstuk te kry, ’n baie dapper besluit is! Sy bespreek die voordele en nadele daarvan om gehoorstukke te dra.