Sirkel: Middelland
Tak: Kraggakamma
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Margaret van der Mescht
Datum: 8 Maart 2022
Na haar uittrede uit die onderwys het Mariaan Scholtz gevoel sy mis mense, haar lewe is eentonig en sy lewer geen bydrae tot die samelewing nie. Sy besluit om dit wat om haar is, haar tuin en omgewing, te gebruik.
Sy verkoop Queen Anne`s Lace- en reuse sonneblom saad, haasstertjies, sewejaartjies en chillies. Inheemse bome word aanlyn bemark. Byekorwe sorg vir heuning en ook verwerk in liproom en geklitste heuning. In seisoen word Anthirium blomme verkoop. Dit was egter nie genoeg nie en sy begin kunsvlyt klasse aanbied vir kinders asook spanbou klasse vir korporatiewe groepe.
Ons almal is positief beïnvloed deur Mariaan se entoesiasme.
Erika le Roux, Landbou saamroeper, saam met Mariaan Scholtz.
Van die produkte wat te koop aangebied word.
Leave A Comment