Sirkel: Weskus
Tak: Leipoldtville
Konferensie
Beriggewer: Elsabè Carstens
1 & 2 Maart 2022

Op 1 & 2 Maart 2022 het Sirkel Weskus se Konferensie plaasgevind. Hierdie keer was dit Leipoldtville Tak se beurt.

Dinsdag, 1 Maart, het die Sirkelbestuur en die Voorsitters die dag bestee in Donkieskraal Lodge se Konferensie saal en Donkieskraal Lodge het ook al die slaapplek geborg vir ons Konferensie. Nader aan die natuur kon ons nie wees nie. Ons VLV dra ons hartlike dank oor aan Donkieskraal Lodge.

 

Dinsdag, 2 Maart, het die Konferensie in die kerksaal te Leipoldtville plaasgevind. Die Tema vir die dag was ons VLV roos. Die vlagseremonie het plaasgevind, die konstituering is waargeneem deur mev. Elsabe Carstens, Sekretaris van Sirkel Weskus en daarna het Mev. Du Plessis al die gaste verwelkom.

Die kersseremonie het plaasgevind en mev.Louwna Hoving het die internasionale gebed gedoen.

 

Ds. Gideon Basson, predikant van Leipoldtville het op gepaste wyse geopen en daarna het Erma en Org Grové, tesame met Hanja Schreuder en Helisna van Zyl die Onse Vader vir ons gesing.

 

 

 

Dr. Ruben Richards, die Burgemeester van Cederberg Munisipaliteit het ook sy groete boodskap kom oordra. Daarna was dit Mnr. Gideon de Beer, Voorsitter van Graafwater Boerevereniging se beurt.

 

 

 

 

Charné Hugo, was ons pragtige kunstenaar van die dag. Sy het die gaste behoorlik aan haar voete gehad met haar pragtige sangstem.

 

 

Die sprekers vir die dag was Mnr. Francois de Jager vir Openbare Sake; Jessé J van Nieuwenhuizen vir Kunste & Handvlyt en Deidre Eigelaar vir Opvoeding & Kultuur.

 

 

 

 

 

Ons hoofspreker van die dag was Wicus Pretorius, redakteur van Tuis tydskrif.

 

 

 

 

 

 

Die volgende Sirkelpresidentes was ook teenwoordig. Mev. Marinda Rall, Sirkel Paarl; mev. Joretha de Waal, Sirkel Namakwaland en mev. Renè Nel, Sirkel Tygerberg.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit was mev. Estelle du Plessis se afsluiting as president van Sirkel Weskus, sy is alreeds verkies as President van VLV-Kaapland. Mev. Elsabe Carstens , Sirkel Sekretaris is in haar plek verkies as Sirkel President.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Redelinghuys Tak was die wenners van die dag, tweede plek, Porterville en gesamentlik in die derde plek, Leipoldtville en Velddrif.

 

 

 

 

 

Die Konferensie is op gepaste wyse afgesluit met die speel van Weskus Kwela – die gebruiklike lied van mev. Estelle du Plessis.

Ons wens haar alle sterkte toe met haar amp as President van VLV-Kaapland.

 

Leef volhoubaar – omskep deur Augusta van Zyl