Sirkel: Overberg
Tak: Kleinmond
Geleentheid: Viering van Nasionale Melktertdag
Datum: 25 Februarie vir 27 Februarie 2022
Beriggewer: Hermien Van Zyl

Kleinmond-VlV vier Nasionale Melktertdag

Vanjaar is reeds die sesde agtereenvolgende jaar dat die lede en bestuur van VLV-Kleinmond hierdie jaarlikse instelling vier. Van die lede bak self, ander bestel by baasbaksters van weleer of soek die mooiste een by die winkel of tuisnywerheid uit. Maar die VLV-lede sorg dat daar bewustheid van hierdie heerlike Afrikaanse erfenis geskep word deur op die naaste datum aan 27 Februarie, Nasionale Melktertdag, melkterte af te lewer by instansies wat diens lewer in Kleinmond. Dit word jaarliks op ‘n rotasiebasis gedoen.

Verlede jaar is daar gefokus op die mediese instansies wat in die voorste linie teen covid geveg het, maar vanjaar kon daar weer aan ander instansies erkenning gegee word vir hulle dienste. Elkeen van die ses portefeuljegroepe sorg vir ‘n spesifieke instansie. Die oorhandiging van die melkterte is op Vrydag 25 Februarie 2022, teetyd, gedoen.

Nadat die personeel van Kaws (Kleinmond Animal Welfare Society) só hard gewerk het met die insameling van skenkings vir dié op vier bene, het Anne Meershoek gesorg dat dié op twee bene óók na gekyk word en is hierdie heerlike elkterte aan hulle oorhandig.

Heerlike melkterte vir Kaws.


Anne Meershoek, saamroeper vir Landbou & Tuinbou, links, oorhandig die melkterte aan van die helpers by Kaws. Vlnr Anne Meershoek, Tanya Rudolph, Riëtte Koegelenberg en Karin de Beer.

 

Leefstyl, met saamroeper Hermien van Zyl aan die spits, het vir die polisiestasie gesorg. VLV-groepielid, Alice van Rooyen het met die briljante idee gekom om, gesien die wisselende tye wat van die manne en vroue in blou wél by die stasie is, liewer vir elkeen ‘n houer met slegs melkpap in te verskaf. Geen krummels op die netjiese uniforms nie, maar al die heerlikheid om te geniet wanneer die tyd pas – selfs as padkos. Vir maj May, die stasiebevelvoerder, is egter apart gesorg.

 

 

Hermien van Zyl en Alice van Rooyen met die polisie se bederf.

 

 


Maj. May (in die middel) met haar melktert en van die personeel. Tertia Delport, agter links en Alice van Rooyen, heel regs, het help uitdeel.

 

 

Die bakkies met heerlike melkpap.

 

 

 

 

 

 

 

 

Philippa Marks (links) saamroeper van die Gesondheidportefeulje, en Lisbé Badenhorst (regs) het namens hierdie groep vir die personeel van die Kliniek hulle melkterte gaan oorhandig. Kantoorbestuurder Mark Engelbrecht het dit ontvang.


Marianne de Wet, saamroeper Opvoeding en Kultuur, het vir die kleuterskool se personeel gesorg en hierdie foto geneem om die opwinding saam te vat.


Elizette Bosman, saamroeper Openbare Sake, het vir die dokters se spreekkamers gesorg – hier is sy saam met dr. Flippie van Niekerk.


Annie Jooste, saamroeper van Kunste & Handvlyt, het by die personeel van die Kindersorgkantoor gaan melkterte aflewer en hierdie foto geneem.


Hermien van Zyl en Alice van Rooyen, die tak se mediapersone het nie die media vergeet nie en die warm-uit-die-oond melktert is met dank deur die kantoorpersoneel van die Overstrand Herald ontvang.