Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Ada Gericke
Datum: 22 Februarie 2022

Voëlvlei VLV blom!
Met blomme as tema, het die lede van Voëlvlei, by die mooie huis van Corien Taljaard, die prag van blomme in oordaad geniet tydens hulle Februarie VLV-kuier. Inligting oor die uitvoer van gedroogde blomme, deur Hetta Muller, soos oorgedra deur Joma Meyer, het almal in vervoering gehad.

Die mooiste voorbeelde van ruikers, blomkranse vir grafte en ander bosse gedroogde fynbos wat deur Hetta uitgevoer word na oa Europa, Hong Kong en Nederland, is gewys. Al die administratiewe kanale wat gevolg moet word, asook die proses van gereedmaking vir die mark, is verduidelik. Haar wysheid oor blomme is as volg: “Blomme is ‘n reis. Geniet dit!”
In so ‘n pragtige huis, asook in elke ander huis, is blomme ‘n essensiële versiering. Kundige VLV-lede het voorbeelde gemaak van ruikers wat pas by elke vertrek. Elkeen ‘n kunswerk!

Insette is gelewer oor die onwettige handel in vetplantjies uit Suid-Afrika, die gesondheidswaarde van eetbare blomme asook wenke vir die huis en voorbeelde van artikels gemaak uit laslappies.

Kompetisie-artikels was ingelegde koejawels en macramé-muurbehangsels.

Eetgoedjies wat pas by ‘n onthaal in ‘n paleis, is bedien, en almal het vertrek in ‘n vrolike ‘blombui’.

 

 

 

 

Blomme gerangskik deur Johlene Muller vir die eetkamer

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Proteas gerangskik deur Amalia Louw