Sirkel: Overberg
Tak: Kleinmond
Portefeulje: Gesondheid
Datum: 22 Februarie 2022
Beriggewer: Hermien Van Zyl

Kleinmond-Vlv sien rooi in Valentynsmaand!!

Dit is tradisioneel dat die lede van VLV-Kleinmond sal rooi aantrek vir die Februarie-vergadering aangesien die maand van liefde afgesluit word. Heel gepas het Daphné Loots die vergadering geopen met die voorlees van die geestelike rubriek deur Lavern Maarman uit die Kuier-tydskrif waarin die skrywer bid dat ons ‘n hart van liefde sal ontvang. Daarná het Sysie du Toit ‘n kers aangesteek vir al ons geliefdes wat ons in ons harte dra.

 

 

 

 

 

 

 

 

Die voorgelese gedeelte

 

 

 

   

Daphné Loots by haar rangskikking                                                Sysie du Toit steek die kers aan.


Foto 4: Malinda Hugo en Marietjie Janse van Vuuren pragtig in rooi getooi.

 

 

 

 

 

Mercia du Toit en Susan Walters lyk net so mooi.

 

Maar VLV sien ook rooi as dit by mishandeling kom. Die gasspreker, Gardiol van de Venter, het hierdie sensitiewe onderwerp met groot finesse hanteer. Sy het die situasie vergelyk met ‘n opgeblaasde ballon wat van die geringste speldeprikkie kan bars. Mishandeling is enige aksie wat jou laat bang voel, wat jou beskaamd laat, wat jou laat voel jy word nie geag nie, wat jou te na kom. Fisiese mishandeling is die opmerklikste omdat kneusplekke en wonde nie altyd weggesteek kan word nie, maar emosionele, verbale, finansiële, seksuele en sosiale mishandeling vind net so dikwels plaas. Vroue se moederinstink, gebrek aan sekuriteit, vrees vir vergelding, eerbiediging van die troubeloftes, afhanklikheid, ens maak dat die situasie verduur word en hanteringsvaardighede word aangeleer vir oorlewing.


Me Van de Venter aan die woord.

 

 

Gardiol van de Venter, Louise Bruwer (voorsitter) en Philippa Marks (saamroeper)

 

 

 

 

 

 

 

Twee oud-sirkelpresidentes wat nie verlore is vir VLV nie. Hermien van Zyl (links) van sirkel Overberg en taksekretaresse van Kleinmond saam met Dorothy Krige vroeër van sirkel Worcester en tans van Hermanus-tak wat as beoordelaar opgetree het.

 

 

 

 

 

Pragtige popklere, die handewerk van Sysie du Toit, gaan by die sirkelmarktafel verkoop word.