Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Studierigting: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 22 Februarie 2022

Klein-Brakrivier Vlv speel lekker

Klein-Brakrivier VLV-lede het Dinsdag 22 Februarie lekker saam met ‘n groot groep gaste gespeel. Dit was natuurlik onder die immer gewilde Kuns- & Handvlyt portefeulje onder leiding van Sameroeper Christa Vreugdenburg.

Daar was voorbeelde van hout blokkies wat soos huisies geverf word; blokkies was te koop; ‘n kinderstorie is as inspirasie vir al die ontluikende skrywers voorgelees; en idees en tegnieke vir punt-verf (dot art) is gedeel.

Lede en gaste het voorbeelde gekry van wat alles met papier krale gemaak kan word. Krale is gemaak met klaar gesnyde papier-strokies van geskenk-, koerant- of gewone tikpapier. Laasgenoemde is dan geverf om ‘n unieke kleur krale te maak. Papier stroke is om stokkies gedraai en met koue-lym geheg. Enige tou of dun deurskynende rek kan dan gebruik word om die projek klaar te maak.

Daar was ook lekker saamgesing aan die VLV-lied onder leiding van Hester Krige.

Almal is versoek om ‘n donasie van blikkieskos of ‘n pak nie-bederfbare droë kos soos rys of macaroni (onder meer), vir die Gaukam gemeenskapsprojek saam te bring.

Plastiek proppies vir herwinning is afgegee en daar was heelwat lootjies (met die koek altyd ‘n wenner). Lede en nie-lede het almal ‘n heerlike oggend gehad.

Almal het pret gehad en baie gelag


Dames luister aandagtig na die voorlesing

 

 

 

Cecilia deel pitkos vir die Landbou & Tuinbou portefeulje

 

 

 

 

 


Almal oefen aan die VLV-lied

 

 

 

 

 

Hester Krige begelei