Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 17 Februarie 2022

‘n Saamroeper, Jenny Moore, het meer vertel van die Walter Sisulu Nasionale Tuin, waar sy gewerk het.

• Dis een van die 11 botaniese tuine onder SANBI (Die SA Nasionale Biodiversiteitsinstituut) se sambreel, waarvan Kirstenbosch Botaniese Tuin seker die bekendste is.
• Dit het in 1982 tot stand gekom.
• Die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin is ‘n 300 ha reservaat in Roodepoort.
• Sowat 240 voëlspesies is al daar opgemerk.
• Alles wat daar aangeplant is, behalwe die gras, is inheems.

V.l.n.r. Marinda Rall (sirkelpresident), Jenny Moore (spreker), Rouxné Koegelenberg (lid)