Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 16 Februarie 2022

Aberdeen VLV se Februarie vergadering fokus op Landbou & Tuinbou en word aangebied op die plaas Francoisrust van Husky en Carina Esterhuizen. Saamroeper Elna van Niekerk open uit die Woord en moedig lede aan om by die Here te skuil en nie op mense te vertrou nie.

Daarna deel Elna van Niekerk ‘n baie effektiewe tuisgemaakte lokaas resep vir die beheer van vlieë, wat binne-in herwinde plastiekbottels gegooi en opgehang word.

Die hoofaanbieding van die dag is deur Husky Esterhuizen, wat sy eie skeerdienste, nl. Husky’s Skeerdienste, bedryf. In die skeerhuis gee hy inligting oor die toerusting wat gebruik word, hy verduidelik en demonstreer die hantering en skeer van skape, asook die klas van wol. Die slyp van skeertoerusting word laastens gedemonstreer. Die verskil tussen somer- en wintersnitte met verskillende skeerkamme word gewys, asook hoe die geskeerde wol dan afgerand en geklas word.

Die gelukkige trekking van die dag word deur Karen van Rensburg gewen. Die vergadering word afgesluit met smullekker eetgoed wat Carina Esterhuizen voorsien en daar word heerlik gekuier op die plaas.

Vlnr Agter: Elise Steynberg, Luise de Jager, Karin Pienaar, Suzanne Lategan, Lucille van der Merwe, Carina Esterhuizen en Heidi Lombard.
Vlnr Voor: Husky Esterhuizen, Elna van Niekerk en Karen van

 

 

 

 

Husky Esterhuizen demonstreer die hantering en skeer van die skaap

 

 

 

 

 

 

 

Wol word oopgegooi vir afrand


Klas van wol word veduidelik

 

 

 

 

Slyp van skeertoerusting gedemonstreer

 

 

 

 

 

 

 


Smullekker eetgoed