Sirkel: Middelland
Tak: Kraggakamma
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Margaret van der Mescht
Datum: 8 Februarie 2022
By ons eerste takvergadering word die lede ingelig oor die ontstaan en veelsydigheid van kekerertjies. Dit het in die Midde-Ooste ontstaan en was baie gewild by die ou Romeine, Grieke en Egiptenare. In die 16de eeu het die Spaanse ontdekkingsreisigers dit na ander dele van die wêreld gebring. Vandag is dit wêreldwyd beskikbaar, maar is veral in Noord-Afrika, Spanje en Indië baie gewild vir vegetariese geregte.
`n Paar gesondheidsvoordele van kekerertjies:
1. Dit is ryk aan vesel en help om gewig te verloor.
2. Dit is `n goeie proteïenbron vir vegetariërs
3. Mangaan help om energie in die liggaam te produseer
4. Dit is ryk aan yster en minerale wat vroue benodig tydens menstruasie, borsvoeding en swangerskap
5. Help om bloedsuikervlakke te stabiliseer omdat dit stadig en eweredig energie verbrand
6. Dit is goed vir die hart want dit verlaag die slegte cholesterol
7. Dit bevat stowwe wat as antioksidante sal werk en verminder die risiko van borskanker, beskerm teen osteoporose en verlaag die hitte van die menopouse
Slaaie met kekerertjies as hoofbestanddeel word gedomonstreer en daarna geniet die dames hierdie en ander heerlike kekerertjie geregte.
Keurig gedekte tafels vir ons eerste byeenkoms.
Margaret van der Mescht wys hoe kekerertjies in slaai geregte gebruik kan word.
`n Heerlike kekerertjie kerriedis
Leave A Comment