Sirkel: Overberg
Tak: Gansbaai
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Marianna Mostert
Datum: 1 Februarie 2022

 

 

Liefie-Haas & Dinges-Haas se Troue

 

 

 

Februarie is die maand van liefde. Hier in Februarie 2022, en om meer spesifiek te wees op die 1ste Februarie 2022, word ons VLV Vriendinne genooi na Liefie-Haas en Dinges-Haas se troue.
Ons ontvang ‘n Elektroniese Troukaartjie direk uit Feetjie land met die uitnodiging.

https://youtube.com/shorts/2MMBOI_pz2g?feature=share

Net hier weet ek. Dit is presies wat ons by VLV Gansbaai nodig het na al die groot woorde soos DELTA, OMIKRON, ens, ens, ens……………’n mallemeule, “fairytale”, troue van twee hase wat so lief is vir mekaar dat hulle besluit het nou is die tyd om te deel, te leef en lief te hê.

 

 

Net so ietsie oor Liefie-Haas en Dinges-Haas
Hulle het tydens die eerste “Lockdown” die lig gesien. Michelle Fourie het ‘n aanlyn video gekoop. Ronel de Villiers het haar bygestaan en ywerig, met die basis as ‘n 5 liter bottel met klippies in en die kop as ‘n halwe 2 liter bottel en daarna gevorm met papiermâché en verf, het die twee vir Liefie-Haas en Dinges-Haas die lewe laat sien. Die blomme is gemaak uit herwinde eier dosies.Dit was groot pret om hulle te maak. Hierdie was in die tyd toe ons nie Kunsbenodighede kon koop nie. Die dat daar toe planne gemaak is met dit wat ons het, sê die twee.

 

Waar ons die storie nou weer opneem, is met Dinges-Haas wat oppad is na die Trou “Venue”,
vasgegespe in die voorste sitplek van die bruidegom se troukar.

 

 

 

 

By die saal is die bruid se moeder, Mamma-Haas (Ronel de Villiers, Portefeulje Leier, Kunste & Handvlyt) en haar helpers so besig soos bytjies.

 

 

 

 

 

Alles lyk te spoggerig en dra die goedkeuring weg van die bruid se moeder.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daar heers opwinding, maar Liefie-Haas is nog nie klaar, die bruidjie is nog besig om mooi te maak vir haar groot dag. Die sluier word versigtig vasgesit.

 

 

 

 

 

Uiteindelik arriveer Liefie-Haas vir die foto sessie. Nou is Dinges-Haas baie opgewonde om sy pragtige bruidjie te sien. Hulle neem hulle posisies in en die Bruilof kan begin.

Die gaste het intussen arriveer.


Dis nie sommer ‘n gewone troue hierdie nie. Alles word gedoen soos in feetjie land.

Die gaste neem hulle plekke in.

Die Seremoniemeester/Voorsitter, hanteer huishoudelike sake.
Dan met groot afwagting, speel die troumars. Liefie-Haas en Dinges-Haas word in die eg verbind.

 

 

 

 

 

Die gaste drink ‘n heildronk en lig hulle glasies op die twee se toekoms.

 

 

Selfs kinders by dosyne word met ‘n tong in die kies gesing. Nou kan ons vrolik wees en nou kan ons kuier.

 

 

 


Weereens op ons wolkies in feetjie land begin ‘n heerlike werkswinkel van plak, verf, kuier, gesels, geniet en vrolik wees tydens die onthaal.

 

 

 

 

 

Die blik projekte lyk spoggerig.

 

 

 

 

 

 

Ons leer om te plak, te verf en stensils te gebruik. Die blikke kom mooi aan en die eindproduk lyk goed.

 

 

Nog steeds ‘n malle- meule van pret en plesier.

 

So tussen deur kom die seremoniemeester/voorsitter met nuwe uitdagings.

Senerita van der Walt, Sekretaresse, oorhandig aan Mev. Anna Germishuys haar 50 jaar, en aan Mev. Cynthia Moller haar 5 jaar, diensknopie.

 

 

 

Mamma-Haas trek die gelukkige wenner van die pragtige troukoek. Sy is Michelle Fourie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Bruid se moeder, Mamma-Haas, oorhandig ook die skildery aan die persoon met die hoogste elektroniese bod. Hierdie fondse word ook aangewend
vir Sirkel Overberg Kon-ferensie. Die gelukkige persoon is Nelia Delport.

 

So verloop die middag.

Wat ‘n belewenis van wolkie sit en in feetjieland kuier. Die gaste wil nie terugkeer aarde toe nie, maar tog begin die tyd ons inhaal en die gaste begin groet.

Ek kyk na my pragtige geverfde en gestensilde blik, wat op sy ereplekkie in my huis staan en ek weet, ek sal hierdie dag nog baie jare van nou af onthou.

Ek hoop elke VLV dame wat hierdie storie gelees het, is saam met Kunste en Handvlyt en ons Gansbaaiers vir ’n oomblik weggevoer na feetjie land.