Sirkel: Paarl
Tak:Wellington
Boekprys skenkings
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum van gebeurlikheid: 29 Januarie 2022
Wellington VLV skenk jaarliks boekpryse aan plaaslike skole. So het Hugenote Hoërskool aan die beurt gekom hierdie jaar en boekpryse is aan Verbruikerstudie- leerders oorhandig. Die prestige- uitdeling vind buite plaas om meer gaste te kan akkommodeer.
Wellington VLV het die VLV –Kookunsboeke geskenk en die VLV Boekprys vir hoogste punt in Verbruikerstudies is toegeken aan Marlene Burger (gr.10), Leanke Peek ( gr.11) en Megan Henderson (gr.12).
Mag hul die vreugde ervaar van bak en kook wat al jare deur VLV-dames beproef is.
VLV Boekprys vir hoogste punt in Verbruikerstudies (graad 10): Marlene Burger (5527)
VLV Boekprys vir hoogste punt in Verbruikerstudies (graad 11): Leanke Peek
VLV Boekprys vir hoogste punt in Verbruikerstudies (graad 12): Megan Henderson
Leave A Comment