Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Studierigting: Openbare Sake
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum van gebeurlikheid: 23 Januarie 2022

Wellington VLV is reg vir 2022 met al sy uitdagings en opkomende gebeurlikhede. Die Openbare Sake span onder leiding van Francina Marais skop die jaar af met interessante vertellings deur Klaas van de Wal.

Hy is ‘n.Wellingtonner wat jare gelede by die groot looifabriek werksaam was, voor dit toegemaak het. Met die tyd het hy homself opgelei om ‘n instrukteur vir verskeie masjienerie te word wat gebruik word om soja-kos te droog en ook honde-, vis- en katkos vervaardig. Dit word Extruder genoem. Sy kennis het hom reg deur Afrika laat reis om mense op te lei in die hierdie masjien se gebruik.

Hy vertel van arm Afrika-lande soos Etiöpie se Addis Ababa waar die mans so arrogant is, omdat hul dink hul is die oudste land in die beskawing. Hul wil nie hande vuil maak nie en ook niks aanleer nie.. Te slim. Die land self is primitief en kinders gaan nie skool toe nie as gevolg van armoede.

In Afrika is baie vroue die werker en mans dink hul is te goed om te werk. Daarom het Afrika 2 dinge nodig.
1. Vroue met kennis
2. Vroue met waagmoed (“guts”)

In Zambië word daar vreeslik gesteel en kinders gaan nie skool nie. Kinders poleer skoene langs die pad om geld te verdien of versamel waterkanne en verkoop dan water.
Dit neem jou 2-3 ure om 40km tot by jou werk te kom. Die verkeer is hewig en rooi robotte beteken ry effe stadiger en gee dan vet. Niemand stop ooit by ‘n rooi verkeerslig.
In Malawi en Botswana lyk dinge beter en kinders gaan skool. In ‘n land waar kinders skool gaan, is minder diefstal ook en minder armoede.

In Kenia is ‘n goeie voorbeeld van ‘n vrou met “guts” genaamd Ruth. Sy het begin met ‘n hamermeule om mieliemeel fyn te maak ,later al hoe meer aangekoop en groter masjiene aangeskaf. Sy werk saam met haar werkers in die fabriek.. Saans by die huis was sy en trek mooi aan om dan weer haar man se prinses en vertoonstuk te wees. Haar man werk glad nie.

Om die oggend af te sluit deel Elsa Aebi ‘n paar gesondheidswenke van piesangs met ons.
*Piesangs bevat triptofaan wat in die liggaam omgeskakel word na serotonien, wat jou laat ontspan en jou gemoedstoestand verbeter. Piesangs is goed vir depressielyers.
*Vergeet van pille as jy ly aan post-traumatiese stress . Die Vit B6 wat dit bevat, reguleer jou bloedsuikervlakke en verbeter jou gemoedstoestand.
*Piesangs bevat yster en stimuleer die produksie van hemoglobien en voorkom bloedarmoede.
*Piesangs het ‘n antisuur effek. Eet dus ‘n piesang as u sooibrand het.
* Dit help teen oggendnaarheid en hou bloedsuikervlakke hoog.
*Smeer muskiet-bytplekke met die binnekant van die piesangskil en die swelsel en irritasie sal verminder.
*As jy ‘n maagseer het, is dit goed om piesang te eet. Dit smeer die maagwand en voorkom so enige irritasie.

 

 

 

 

Francina Marais by Klaas van de Wal

 

 

 

 

   
Macrame- Potplanthangers

 

 

 

 

 

 

 

 


Blommerangskikkings met loof uit jou tuin