Tak: Aberdeen
Portefeulje: Potpourri
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 26 Januarie 2022

Aberdeen VLV se Januarie 2022 vergadering was ‘n potpourri vergadering waar al ses saamroepers ‘n kort oorsig oor elkeen se studierigting aangebied het.
Lea van der Vyver verwelkom die lede met ‘n gepaste stuk, waarin sy ons opnuut weer verseker – God is daar en Hy IS in beheer – elke dag van hierdie nuwe jaar.

Na bespreking van ‘n paar VLV sake, was die saamroepers aan die woord.

• Landbou & Tuinbou: Elna van Niekerk deel interessante feite en kenmerke oor die boom (pompom boom & huilboom) en voël (witmalgas) van die jaar 2022.
• Kunste & Handvlyt: Lucille van der Merwe spoor ons aan om kreatief te raak met idees oor klei en pottebakkery. Daarna lees sy ‘n hartroerende gedig voor van Margaret Bennet.
• Gesondheid: Adele de Jager maak ons bewus van hoeveel gewone kruie en speserye ons in ons huise het wat as natuurlike antibiotikas gebruik kan word. Sy deel ook ‘n paar boererate.
• Opvoeding & Kultuur: Magriet Haasbroek motiveer ons om ons persoonlike visie vir 2022 te formuleer en vir onsself doelwitte te stel.
• Openbare Sake: Teen hierdie tyd was ons al moeg geluister na almal, en Suzanne Lategan blaas lewe in die vergadering met ‘n vasvrae onder die lede oor toerisme.
• Leefstyl: Laaste was Carina Esterhuizen aan die woord. Sy gee kos idees vir ‘n piekniek. So gepas nou na die lekker reën & perfekte tyd van die jaar – somer! Sy deel ook ‘n paar huis interieur voorbeelde.

 

 

 

 

 

 

Tafel verfraai met ‘n vetplantruiker

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Heerlike eetgoed

 


Groepsfoto: vlnr: Suzanne Lategan, Zenobia Erasmus, Lizé de Jager, Christelle Nel, Luise de Jager, Magriet Haasbroek, Carina Esterhuizen, Lucille van der Merwe & Lea van der Vyver.
Sittende: Adele de Jager, Elise Steynberg, Elna van Niekerk en klein Ané Pretorius
Afwesig wat die foto geneem het: Sonica Pretorius