Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Studierigting: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 25 Januarie 2022

 

Almal het sommer baie uitgesien na die eerste byeenkoms van 2022 en die tafels was pragtig versier met kleurvolle ornamente. Ons moes afskeid neem van ‘n paar van ons ouer lede, maar vyf nuwe lede het aangesluit (ons het nou twee Retha’s, twee Christa’s en twee Rina’s!).

Die Jaarprogram is uitgedeel aan lede wat nie die afskeidsfunksie verlede jaar kon bywoon nie en lede het ook hulle plastiek proppies vir die rolstoelprojek gebring. Al die gaste is bederf met ‘n pragtige arm-corsage en Lydie het vertel van ons affiliasie met die Wêreldbond van Plattelandse Vroue, voordat Vriendskapsmunte ingesamel is.

Daar was drie verjaarsdae wat gevier is met tuisgemaakte kaartjies en ‘n klein bederf-pakkie.

Na die opening en verwelkoming is lede en gaste lusgemaak vir die jaar wat voorlê. Die eerste aktiwiteit is natuurlik die Inligtingsdag in George, wat ‘n rekordgetal van 14 dames gaan bywoon. Dan is daar Februarie se Kuns byeenkoms wat altyd ‘n groot trekpleister vir lede en gaste is. Ria van Straaten het vir ons voorbeelde van die hout blokkies gewys en Christa Vreugdeburg haar pragtige papier juwele waarmee in Februarie gespeel gaan word.

Cecilia Pieterse het ons meer vertel van die boom en voël van die jaar, voordat Lydie ‘n voorlesing oor die ontstaan van Klein-Brakrivier as dorpie gedoen het. Die geskiedenis is in 1679 gaan haal en het tot en met die 1980’s gestrek (darem nie so lank geneem om dit oor te dra nie!).

Voordat almal lekker kon kuier en smul, was daar eers trekking vir drie loodjies, ‘n tert en mosaïek pot staander van Cecilia en heerlike koek van Suzanne le Roux. Ons sien uit na die nuwe jaar en al die avontuur wat dit inhou.

Die afgevaardigdes vir die Konferensie te Riversdal is op versoek van die Sirkel ons Sekretaris, Retha Horn en Tesourier, Lynette Nel.
Vir die Kongres in Gansbaai gaan Lynette en Cecelia ons verteenwoordig.


38 lede en gaste het die byeenkoms geniet

 

 

 

Tannie Ina, reeds 50+ jaar lid (links), Lydie en Retha Horn (regs)

 

 

 

 

 

  Dalene Cloete wen Cecilia se heerlike tert

Cecilia vertel van die boom en voël van die jaar

 

 


Lydie vertel van WBPV

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Boekvoorlesing