Sirkel: Overberg
Tak: Kleinmond
Geleentheid: Afsluitingsontbyt
Beriggewer: Hermien Van Zyl
Datum: 30 November 2021
Ná nog ‘n jaar van ontwrigte VLV-bedrywighede, het die 32 VLV-lede en eregaste wat die afsluitingsontbyt by die Swing in Coffee Shoppe in die Hawegebied van Kleinmond bygewoon het, dit egter met dankbaarheid geniet. Voorsitter Louise Bruwer het dit beklemtoon dat hierdie pandemie ons geleer het hoe kosbaar is die samesyn met ons hartsmense en ons moet dit in hierdie feestyd onthou en die klein irritasies van skottelgoed en nat handdoeke verduur.
In die gees van die VLVK-tema van “Leef Volhoubaar”, het die tak ‘n toekenning oorhandig aan ds. Jan Momsen “vir sy onvermoeide ywer om alle rolspelers betrokke te kry by herwinnings- en opruimingsaksies” soos die bewoording lui. Sedert sy aftrede op Kleinmond was ds Momsen onverpoosd besig om die gemeenskap bewus te maak van die hantering van herwinbare huishoudelike afval. Toe die herwinningsaanleg in Hermanus tydens vroeëre geweldpleging afgebrand is, het hy poging op poging aangewend om alternatiewe te soek wat kon verhoed dat herwinbare afval eenvoudig op die stortingsterrein beland.
Die KidsCan-Nasorgsentrum was vanjaar die tak se projek en lede het met elke vergadering wat gereël kon word, skryfbehoeftes en ander benodigdhede soos waslappies, aan Anne Borman, onderwyseres en uittredende saamroeper vir Opvoeding&Kultuur oorhandig. Hierdie projek is afgesluit tydens die ontbyt toe die lede i.p.v. om geskenkies uit te ruil, liewer skryfbehoeftes vir 2022 gebring het. Ook is donasies ten bedrae van R430 ontvang.
Louise Bruwer, voorsitter van VLV-Kleinmond aan die woord.
Almal is verwelkom met ‘n glasie sap, ‘n vrugteplankie en die spyskaart
En glimlaggende kelnerinne! (Hier saam met Hermien van Zyl, sekretaris).
Sylvia Coetzee en Wynette Lambrechts geniet die sap.
Anne Meershoek, nuwe saamroeper vir Landbou&Tuinbou, saam met Freda Maree.
V.l.n.r. Marianne de Wet, Joanne Momsen, ds Jan Momsen en voorsitter Louise Bruwer nadat die toekenning oorhandig is.
Die voorblad van die 2022-Jaarprogram met die blomtros van die Kannabasboom (Boom van die Jaar) voorop.
VLV-bestuur vir2022:
Zané Plaatjies van KidsCan hou die mandjie vas met die lede se bydraes.
Leave A Comment