Sirkel: Tygerberg
Jaarafsluiting
Beriggewer: Elizabeth Joseph
Datum: 24 November 2022
Sirkel Tygerberg het ons jaarafsluitingsfunksie by Avalon Plaas & Trou Venue (087 805 1119) gehou op 24 November 2021.
Met aankoms het elke persoon ‘n kleurkaart gekry. Ons is in kleurgroepe ingedeel, wat baie lekker was, aangesien dit heerlik was om ander mense te ontmoet en nie by jou eie taklede te sit nie. René Nel het almal gegroet. Sy het lede gevra om die verwelkomings- en openingsgebed te doen, asook almal met hul verjaarsdae geluk te wens. Die persoon het dit op ‘n prettige manier gedoen. Sy het ‘n lukrake maand uitgeroep en die lede het gestaan en is gelukgewens en almal het heerlik hande geklap.
René Nel het toe gevra dat jy die dame wat aan jou linkerkant sit, ‘n paar interessante vrae vra en inligting oor hulself deel. Ons het regtig baie oor ons mede-VLV-lede geleer.
Ons is toe voorgestel aan Zephne Van Der Merwe van Biodanza. OH WOW! watse energie het sy uitgestraal.
Biodanza (‘n neologisme wat die Griekse bio [lewe] en die Spaanse danza verbind het, letterlik “die dans van die lewe”) is ‘n stelsel van selfontwikkeling wat musiek, beweging en positiewe gevoelens gebruik om selfbewustheid te verdiep.
Wanneer die musiek verander, verander die dans
Wanneer die dans verander, verander my lewensbelangrike onbewuste
Wanneer my selgeheue verander, verander ek
Wanneer ek verander, verander my lewe
Wanneer my lewe verander, verander die groep
Wanneer die groep verander, verander die mensdom
Wanneer die mensdom verander, verander die aarde, die planeet …
– Zephne van der Merwe
Sy het die lede gevra om ‘n groot kring te vorm. Sodra die musiek begin moet jy beweeg. Jonk en oud, en selfs die “verswaktes”, het mee gedoen. Almal het dit baie geniet om so lekker in die natuur te dans..
Daarna is kos bedien. Van ons manne het gehelp met die braai. Ons het boereworsrolle en slaai gehad, en dan roomys en sjokoladesous vir nagereg.
Daarna het ons ‘n muntlegging gedoen en ons munte is so uitgelê om “VLV” te vorm
Almal het ‘n wonderlike tyd gehad.
Leave A Comment