Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Afsluiting
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 17 November 2021
Aberdeen sluit die jaar op ‘n hoë noot af!
Aberdeen VLV se November 2021 vergadering was ‘n groot hoogtepunt vir al die lede met ‘n heerlike uitstappie na die pragtige dorpie Nieu Bethesda.
Lea van der Vyver verwelkom die lede by die immergewilde kuierplek, “Die Waenhuis.”
Na bespreking van ‘n paar VLV sake, is daar verder net gekuier en gelag, waarna daar weggelê is aan ‘n ligte middagete en heerlike soetgoed. Lede het gedeel watter waardevolle lesse 2021 hulle geleer het. Wat o.a. onthou sal word, is dat die inperking mens geleer het (en nog steeds leer) om meer in afhanklikheid van jou Skepper te leef. Om oor te gee, omdat ons nie beheer het soos voorheen, oor baie dinge nie. ‘n Verdere lewensles wat ons met ons kon saamvat, was dat ons net weer opnuut herinner is aan hoe kort die lewe is, en dat ons elke dag voluit moet leef.
Laatmiddag keer ons almal terug met die gehuurde minibus terwyl dit soos ‘n klomp vinke kwetter! Almal was dit eens – ons batterye is weer vol gelaai!
Die pragtige kuier en eetplek – Die Waenhuis
Versameling oudhede pragtig in ‘n foto vasgevang deur Lizemari Jordaan
Die dames kuier te heerlik om die tafel
Pragtige tuin by Die Waenhuis
Groepsfoto geneem tussen die pragtige stêrjasmynvlnr: Suzanne Lategan, Karin Pienaar, Luise de Jager, Magriet Haasbroek, Heidi Lombard, Elise Steynberg, Lea van der Vyver, Carina van Rensburg, Lizé de Jager, Christelle Nel, Elsa Featherstone, Lucille van der Merwe, Annalie Lategan en Adele de Jager
Afwesig wat die foto geneem het: Lizemari Jordaan
Leave A Comment