Sirkel: Weskus
Damesoggend
Beriggewer: Maggie Enever
Datum: 13 November 2021

Sirkel Weskus Damesoggend

Sirkel Weskus het ‘n baie suksesvolle en vrolike damesoggend met Hannes van Wyk by Laatson in Porterville aangebied.

Hannes het gepraat oor die die rol van ‘n ma en vrou in die samelewing. Ons kon vir onsself lag maar ook die erns van ‘n vrou se rol deur die oë van ‘n man sien. Sy eerlikheid, aanmanings en lofprysing vir ons vroue het ons tot nadenke gestem.

 

 

 

 

 

 

Voormalige Sirkel Weskus Presidente mevv, Louwna Hoving (lings) met Rosa Lategan (regs) van
Estelle du Plessis huidiglik VLVK en Sirkel Weskus President.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die uitrustings van Sirkel Weskus
Sekretaris Elsabé Carstens en Hannes
was toevallig en het baie ’tong in die kies”
bespreking en glimlagte ontlok.
Braam Theron het die musiek verskaf.

Sirkel Weskus bestuur het die geleentheid gebruik om heerlik saam te kuier.
VLNR: Mevv Melaine Brand (Leefstyl), Maggie Enever (Landbou & Tuinbou), Nicoline Brown (Openbare Sake), Elsabe Carstens (Sekretaris), Estelle du Plessis (President VLVK en Sirkel Weskus), Dinette Lochner (Tesourier), Marié Grobbelaar (Visepresident en Saamroeper, Opvoeding & Kultuur), Mary-Ann van Schalkwyk (Gesondheid), en Elize Knoetze (Kunste & Handvlyt).