Sirkel: NOK
Tak: Dordrecht
Studierigting: Leefstyl en Openbare Sake
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 13 November 2021

Vir die tak se afsluiting is ‘n baie interessante dag op Saterdag 13 November in die buurdorp, Aliwal-Noord, deurgebring. Eers het die lede die 2 openbare Museums besoek, waarvan een die Kerkplein Museum is (wat ook as Mark diens gedoen het). Die baie bekwame Annatjie Beaton was die begeleier.

Daarná het die groep na die huis van Jannie en Annelize de Villiers beweeg, waar Annelize en haar dogter Juanita verstommende naaldwerk- en leerartikels vertoon en verduidelik het. Almal kon ook saam werk aan viltborsspelde – wat trots vertoon is. Annelize tower lap en gare om in Veselkuns kwilte (Fibre art) deur gebruik te maak van Indiese sy, wol, produkte van vilt, asook masjienborduurwerk. Nita het weer haar eie sagteleerwerk-onderneming (Sew Simple) – behalwe die onderwys! Nita se belangstelling het begin deurdat sy ‘n stuk leer by ‘n kunstefees gekoop het en vir haarself ‘n handsak gemaak het. Toe sy later weer ‘n stuk leer elders wou koop, moes sy ‘n hele rol koop – en die res is geskiedenis!

Die dag is afgesluit met ‘n uithaler-ete by The Stables restaurant langs die Oranjerivier !!!

Die buite-aansig van die museum, met Annatjie Beaton in die voorgrond.


Die VLV-groep saam met Annelize & Juanita. Agter van links is Bertha Rossouw, Ninke Venter, Lida Rossouw, Annelize de Villiers en Gerda Fourie. Voor sit Nita de Villiers, Antoinette van Pletzen, Anna van Niekerk en Lenie Fourie.


 

 

Die lede se borsspelde.

 

 

 

 

 

 

 


Binne die Museum