Sirkel: Paarl
Tak: Malmesbury
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Mia Louw
Datum: 10 November 2021
Nelita Knoesen van Growing Paper: The Seed Paper, verwelkom ons by hulle op die plaas, in die Paardeberg, net buite Malmesbury.
Growing Paper bestaan sedert 2010. Die besigheid is begin deur 2 vriendinne – Nileta en Roxanne. Tans het hulle 38 mense in diens.
Die papier word gemaak deur die herwinning van kantoor papier wat gelewer word aan hulle deur meestal plaaslike besighede. Die papier word verwerk tot ‘n pulp, gemeng met water en saadjies van blomme of groente. Dit word dan gedreineer op siwwe, gedroog, gedruk en dan gesny vir hul bestellings. Verskeie kunstenare se werk word op die kaartjies en papier gedruk.
Huidiglik is hulle die enigte besigheid van hul soort in Suid-Afrika. Growing Paper voer uit na talle lande, ook Nederland, waar meeste van hul saad vandaan kom.
Lede luister aandagtig na Nelita
Susan Cronje bedank vir Nileta Knoetzen van Growing Paper met Mia Louw Voorsitter van Malmesbury tak.
Velle papier wat wag om verwerk te word
Kentekens word uitgedeel: Elsa du Plessis (45jr), Mirna Barnard (45 jr), Bessie Smit (pappot), Susan Cronje (pappot), Dawn van Jaarsveld (pappot), Lillebeth Slabber (35jr), Mia Louw (Voorsitter) en Huibrë Retief (40jr).
Afwesig: Sophia Duvenhage (20jr) Joan Harmse (45jr)
So n vreugde om deel te wees v d tak..
Baie leersaam.m.
Dankie Mia v d leiding wat jy neem.