Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 2 November 2021
‘n Sneeuman vir jou Kerstafel
Nicky du Toit van Antoinette’s Events het met die afsluitingsvergadering op 2 November 2021 van VLV Bredasdorp Tak idees oor kerstafelversierings gedeel.
Twee reuse sneeumannne is saamgestel uit 3 ronde roosvase elk wat met wondergom verstewig is, gevul met ornamente, papierlinte en eetgoed wat by die kerstema pas.
“Jy vat wat jy het en versier jou tafel daarmee”, sê Nicky. Aksentkleure kan jaarliks verander deur bv onderborde te spuit. Die informele, rowwe knoop, is die nuutste tendens vir servette. Kerse, kos en dít wat jy gestoor het, kandelare behang met ou versierings, handgemaakte papierversierings,dit alles kan ingespan word vir jou kerstafel.
Blink liggies en genoeg spasie op jou tafel vir die kersete en voilà, die prentjie is vervolmaak.
Nicky du Toit demonstreer haar kerstafel].
Leave A Comment