Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Afsluiting
Beriggewer: Cynthia Huysamen
Datum: 3 November 2021
Op 3 November het ons amptelik en informeel, ons 2021 VLV jaar geeïndig met ons eie Olimpiade, aangesien dit juis dié jaar Olimpiese Spele was.
Lande wat deelgeneem het en verteenwoordig was deur groepe:
Kunste & Handvlyt – Japan
Gesondheid – Spanje
Landbou &Tuinbou – Frankryk
Openbare Sake – Indië
Opvoeding & Kultuur – Mexico
Items:
• Stap – Elke land stap in n spesifieke formasie met hul vlag of bannier, op die veld.
• Bobsleigh (Sneeuslee) – 3 lede per groep loop in ritme met mekaar met 2 pale weerskante in n sekere formasie. Perdry – versierde besemstok. 1 persoon per span om die veld.
• Eier- en Lepel-loop, golfballe het so goed gewerk (veral vasgeplak aan lepel).
• Hokkie (met golfballe, ‘n besem en ‘n wasgoedmandjie)
• Hoepels – vorm ‘n mense-sirkel en n hoepel word op ‘n spesifieke manier aangestuur van een na die ander.
Almal het ‘n goue medalje (karamel-sjokoladester) ontvang en ‘n geskenk pakkie.
Ná afloop van die “strawwe” deelname, het ons heerlike gebraaide boereworsrolletjies geniet.
Die braaiers was Robbie en Theo en Elaine het die lekkerste sous gemaak.
‘n Dag met baie lag en vrolikheid – beslis een om te onthou!
Baie dankie Elaine dat jy hierdie lawwe, lekker storie uitgedink het!
Leave A Comment