Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 27 Oktober 2021

Aberdeen VLV se Oktober 2021 vergadering was baie leersaam en interessant vir al die lede.

Lea van der Vyver verwelkom die lede, asook besoekers. Lucille van der Merwe – Saamroeper vir Kunste & Handvlyt, open met ‘n stukkie uit ‘n boek van Liesel Krause-Wiid. Sy herinner ons net weer dat, al voel dit soms God sien ons nie en ons bid teen die plafon vas – Hy WEET van jou!

Na bespreking van ‘n paar VLV sake, spreek Lizemari Jordaan die dames toe oor fotografie. Praktiese raad en wenke oor fotografie word gedeel. Wanneer jy bv. natuurfoto’s neem, moet dit van onder af geneem word vir ‘n meer dramatiese effek. Dit maak ‘n reuse verskil t.o.v. die agtergrond deur te sak wanneer jy kinders afneem om op hulle hoogte te kom. Lizemari lees ‘n gedig van haar Ma, Marthie Botha, uit Lizanne Barnard se boek SKEPPERS voor, met die titel TOT JY WEER MOET GAAN. Die boek bevat gedigte met ‘n gepaste foto vir elke gedig. Lizemari se foto’s is gekies by 4 gedigte in die boek.

Daarna het Annalie Lategan met die lede interessante inligting gedeel insake ‘n aanlyn-skryfskool waarby sy ingeskryf is. Sy lees ‘n storie voor wat sy ingestuur het.

Lizé de Jager wen die gelukkige trekking van die dag. Heidi Lombard & Adéle de Jager het eetgoed gebring en verversings word geniet terwyl almal heerlik kuier.

Die dag sluit op ‘n hoogtepunt af met drie nuwe lede wat aansluit!

Lizemari Jordaan se inligting oor fotografie wat sy aan lede uitgedeel het

   
Teetafel met heerlike verversings                                          Heerlike vrugtesap


Verwelkoming by die deur – pienk sjampanje met spookasem om een van die lede se verjaarsdag te vier.


Groepsfoto: Agter vlnr: Carina van Rensburg, Elsa Featherstone, Lizé de Jager, Christelle Nel, Magriet Haasbroek, Lea van der Vyver, Annalie Lategan, Luise de Jager, Elise Steynberg & Lizemari Jordaan
Voor vlnr: Lucille van der Merwe, Suzanne Lategan, Heidi Lombard, Elna van Niekerk & Adéle de Jager