Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Intertakfunksie
Beriggewer: Anlouise O’Connell
Datum: 23 Oktober 2021
VLV Alexandria was die gasvroutak by die Intertakfunksie op 23 Oktober 2021.
Wat ‘n heerlike kuieroggend in die gees van ‘n vroeë Kersfees!
Met pragtige Kersliedere deur Jaco Bezuidenhout en sy pa gesing, en Stille Nag in Engels, Duits en Afrikaans, is ons weer bewus gemaak van 25 Desember.
Die geskiedenis en herkoms van die Kersboom, soos ons dit vandag ken, is reeds so vroeg as die 8ste eeu bekend. Die gebruik van die Kersboom as Christelike simbool, het van die begin van die 18de eeu onder die Duitsers posgevat en daarna na die res van Europa versprei. Onder die Engelse en die Duitse invloed het die gebruik teen die middel van die 19de eeu na Suid Afrika versprei.
Twee gedigte is voorgedra: The littlest Chrismas Tree van Amy Peterson en ‘n gedig van DJ Opperman wat die geboorte van Jesus binne Suid Afrikaanse konteks omdig.
Die Sirkelpresident, Hannelie Low, het gepraat oor “Hoe om Volhoubaar te leef”.
Die prysuitdeling en bedankings is gedoen en Jaco het ‘n besonderse Tafelgebed gedoen waarna die gaste ‘n heerlike beesbredie en stampmielies asook malvapoeding kon geniet.
Hierna het Alexandria hulle 87ste verjaarsdag gevier met ‘n heerlike wortelkoek, geskenk en gebak deur Yvonne du Preez, bestuurslid.
Leave A Comment