Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
90ste Verjaardag
Beriggewer:Letty-Ann Möller
Datum: 23 Oktober 2021

‘n Stylvolle Partytjie

Ons loop in die voetspore van ons voorgangers.
Soos Rienie Ludick, president van Sirkel Overberg dit gestel het, en kon by hulle kers opsteek.

Annette van Eeden, takvoorsitter, het ‘n simboliese kers opgesteek vir al die taklede wat oorlede is.

“Die viering van julle 90ste verjaarsdag was ‘n ware weerspieëling van die standaard wat Sirkel Overberg oor 90 jaar van julle leer ken het”.- Hermien van Zyl, voormalige sirkelpresident.

‘n Keurige uitstalling het die venster van kreatiwiteit in ons tak oopgemaak en ‘n herdenkingskoerant het die afgelope 9 dekades kortliks uitgelê.

Die 3-laag verjaarsdagkoek het die tak simbolies uitgebeeld, kompleet met takvaandel, lys van voorsitters en die driepootpotjie heel bo.

‘n Jong sanggroep van kaliber het kleur aan die geleentheid gegee en die spreker het die meriete van orgaanskenking beklemtoon.

Dit was n.a.v. gaste se terugvoer, ‘n Skitterende uithanggeleentheid met ‘n vol, interessante, verrykende en opbouende program. Dit was ‘n pragtige, prettige geleentheid! Dit was voorwaar ‘n heerlike oggend… baie gesels, baie opvang met ou vriende, heerlike kos, en uitstekende vermaak. Die Madrigaalsangers van Stellenbosch se optrede was ‘n hoogtepunt. Klassiek, acapella en inspirerend…selfs innoverend, kreatief en komies!

Die foto’s lig verdere feite uit.

Die Program vir die tak se 90ste verjaarsdag.

 

 


Stylvolle tafels is gedek.

       
Bredasdorptak se 90ste verjaarsdagkoek van nader . (Gebak deur Carene Cooper).


Koerant wat die afgelope 90 jaar vasvat.

 

Marie Spamer skitter steeds!

 

Annette van Eeden oorhandig die gelukkige trekking aan Serenita van der Walt.

      
VLNR Lorraine du Toit, vise-voorsitter en Annette van Eeden, voorsitter.


Madrigaalsangers van Stellenbosch.


Spreker regs op foto langs die skenker se ma.


Rienie Ludick (links), huidige Sirkelpresident en Hermien van Zyl, voormalige Sirkelpresident.

 

Bo:Rienie Ludick en Annette van Eeden klink ‘n glasie.  Onder: Rienie Ludick en Hermien van Zyl drink ‘n heildronk op Bredasdorp.