Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 21 Oktober 2021
• Vera Joubert van Niekerk, pelotonbevelvoerder by die Drakenstein-brandweer, is ‘n entoesiastiese spreker.
• Sy is passievol oor haar werk en die gemeenskap en studeer tans om haar as beroepsveiligheidsbeampte ook te bekwaam.
• Alle noodoproepe gaan na ‘n sentrale oproepsentrum. Dit is uiters noodsaaklik om jou naam en telefoonnommer duidelik te gee. En veral jou adres – ook die voorstad en bakens in die omgewing om dit vir die brandweer maklik te maak om die regte adres op te spoor.
• Sorg dat jou huis aan die nodige veilige bouregulasies voldoen.
• Raak vertroud met die brandblusser in jou huis en in jou motor. Verskillende kleure bevat verskillende stowwe om verskillende tipes brande te blus – blou, rooi, swart & roomkleurig
v.l.n.r. Annie Wiese (komiteelid), Marinda Rall (saamroeper Openbare Sake), Vera van Niekerk (spreker), Amarie le Roux (voorsitter)
Vera laat die gehoor litte losmaak voor haar praatjie.
Lede Christa Schreuder & Petro Boshoff
Geskenksakkies gemaak van herwonne tydskrifte en kruideniershouers deur lede Petro Boshoff & Lennie Henderson
Leave A Comment