Tak: Langebaan
Sirkel: Weskus
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Cynthia Huysamen
Datum: 16 Oktober 2021
Algemene Vergadering gehou op 6 Oktober 2021 te Beacon Kerk, Langebaan.
Die dames van GESONDHEID was ons gasvroue en audioloog, Karien Scheepers van Coast2Coast Hearing, het ons meer kom vertel oor die verskillende fases van gehoorverlies. Sy is absoluut passievol daaroor dat almal ALLES moet kan hoor en met deesdae se verbeterde tegnologie raak dit al hoe meer moontlik. Coast2Coast Hearing het mobiele eenhede en kantore aan die Weskus. Kontak hulle gerus by 079 098 7444 vir meer inligting of kry hulle op sosiale media.
Na afloop van die vergadering, is ons bederf met die heerlikste souttertjies en vrugtestokkies – wel gedaan dames!
Pragtige rangskikking op die voorsitter se tafel. Heerlikste souttertjies, vrugtestokkies, koeksisters en ‘n mooi rangskikking
Ria Nagel, Vise-voorsitter, heet almal welkom. Issie Booyens open met ‘n pragtige boodskap en gebed.
Chantel Kirsten-Falck bedank die spreker, Oudioloog Karien Scheepers, en oorhandig haar geskenk.
Leave A Comment