Sirkel: Paarl
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 14 Oktober 2021.

Sirkel Paarl het op 14 Oktober hul jaarlikse Sirkeldag gehou.

Die tema vir die dag was “Pure Plaas” en die saal was mooi versier met gebruiksgoed van op ‘n plaas soos melkkanne,sinkbaddens, windpompe , outydse koekblikke en emaljekomme. Spekboomtakke en varkore is ook gebruik vir die versiering.

Me Arenda Erasmus het lekker Afrikaanse liedjies gesing en die item vir die dag was die “Bootscooters” se lyndansers onder leiding van mev. Karin van der Merwe.
Sy het die gaste genooi om saam te kom lyndans. Dit het baie pret verskaf.

Daar was ook gelukkige trekkings en ‘n geskenkpak van tuisgemaakte produkte is uitgeloot.

Die oggend is afgesluit met ‘n geselllige teedrink en elke gas het ‘n dosie met heerlike eetgoed gekry.

 

 

 

Gaste neem deel aan die lyndans.

 

 

 

 

 

 

 


Saal versier met artikels van ‘n plaaswerf


Dosies met eetgoed vir die gaste

       
Mev Karen van der Merwe van die                  Mev Arenda Erasmus wat die mooi liedjies gesing het.

“Bootscooters” lyndansers.