Sirkel: Weskus
Tak: St Helenabaai
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Maggie Enever
Datum: 12 Oktober 2021
“St Helenabaai gaan vegan”
Leandré Ueckermann lig ons in oor die vegan leefstyl en inspireer ons om self te probeer met die deel van vegan resepte.
Ons is bederf met heerlike eetgoed en was aangenaam verras dat “vegan outjies” nie net gras en sade eet nie.
Oktober verjaarsdag dames Elmarie Visser, Karin Holloway en Maggie Enever ontvang elkeen ‘n geskenkie.
Nuutverkose Sekretaris Elsa Kotze neem oor by Elize Knoetze.
Met die nodige sosiale afstand in plek is daar heerlik om die Vegan tafel gekuier.