Sirkel: Weskus
Sirkelvergadering
Beriggewer: Maggie Enever
Datum: 29 September 2021

‘n Pragtige Sirkelvergadering is deur die vriendelike lede van VLV tak Leipoltville aangebied.

       

Die hardwerkende span met van die heerlike vroegoggend toebroodjies wat bedien is.

     

Die Lente is gevier deur pragtige Sandveldse blomme. Almal is ook huistoe met ‘n verpakte kolwyntjie en ‘n bos blomme.

 

 

 

Voorsitters van die 14 takke is bederf met ‘n geskenkpakkie van Melaine Brand, Sirkel Weskus Leefstyl Sameroeper, en het ook ‘n yskasmagneet-uitnodiging na 2022 Sirkel Konferensie te Leipoltville ontvang.

 

 

 

 

Sirkel Weskus bestuur
Voor: Mevv Elsabe Carstens (Sekretaris), Estelle du Plessis (President VLVK en Sirkel Weskus) en Marié Grobbelaar (Visepresident en Saamroeper, Opvoeding & Kultuur),
Agter: Mevv Dinette Lochner (Tesourier), Melaine Brand (Leefstyl), Mary-Ann van Schalkwyk (Gesondheid), Nicoline Brown (Openbare Sake), Maggie Enever (Landbou & Tuinbou) en Elize Knoetze (Kunste & Handvlyt).