Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Portefuelje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Karen Barnard
Datum: 23 September 2021
Verf met wyn
Monique de Villiers, assistent wynmaker van Boland Kelder het met ons haar passie oor wyn en kuns kom deel. Haar liefde vir wyn en kuns bring sy bymekaar deur met rooiwyn te verf. Die wyn raak meer bruikbaar as jy dit ‘n bietjie verhit en prut in ‘n kastrol. Die afsaksel onder sal ‘n donkerder kleur gee. Die medium werk basies soos waterverf. Haar skilderye beeld die liefde vir mens en die natuur uit. Die kunswerke moet geseël word om die kleur te behou.
Boland Kelder het ‘n groot verskeidenheid wyne, waarvan die dames 4 kon proe. Die kelder is veral bekend vir sy Chenin Blanc en Shiraz vanweë die warmer klimaat waaronder die druiwe groei en geoes word. Die dames het wynparing gedoen deur die wyne te proe saam met ‘n soetigheid wat elke wyn komplimenteer.
Die tak se dames het ook poppies gebrei en gehekel vir die Little Fighters Cancer Trust. Ansie Louw, ‘n jarelange lid van Wellington het die meeste van die poppies gebrei en dit baie geniet. Die poppies sal aan die kanker pasiëntjies as geskenk uitgedeel word. Lizelma Olivier het die die poppies in ontvangs geneem.
Ansie Louw, Lizelma Olivier, Little Fighters Cancer Trust en Juanita Loubser, tak voorsitter
Monique de Villiers, Boland Kelder
Die lede geniet die interessante vergadering
Leave A Comment