Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aandtak
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Una Engelbrecht
Datum: 18 September 2021
Sirkel Paarl se Intertak is op 18 September deur Paarl Aandtak aangebied.
Die 8 takke van die sirkel is na hierdie geleentheid genooi.
Die spreker was Rayne Stroebel van Geratec, gerontoloog, wat pas sy tesis vir sy doktorsgraad in Dementia Studies voltooi het.
Hy het baie onderhoudend gesels oor demensie, oor sy en ander se studies daaroor en o.a. gesê:
• Vergeetagtigheid per se is nie demensie nie. Demensie ontwikkel oor jare. Jy kan jou predisposisie om dit te kry, laat toets.
• Een uit drie persone sal uiteindelik aan een of ander vorm van demensie ly.
• Dooie breinselle kan nie vervang word nie, maar nuwe breinpatrone kan ontwikkel word deur bv. iets soos ‘n dankbaarheidsjoernaal vol te hou vir ten minste 21 dae
• Voorkomend: Doen elke dag 20 min. kardiovaskulêre oefening, eet voedsel hoog in omega-3 (Mediterreense dieet), 1 glas rooiwyn per dag, donker sjokolade (anti-oksidante), sosialiseer, ook met verskillende generasies.
• “Demensie is ‘n siekte van die brein, nie die siel nie.”
• “Oudword is nie ‘n siekte nie.”
• “Om te leef totdat ek doodgaan, is net goeie maniere.”
• Nuttige webwerwe: https://geratecza.com/ https://www.edenalt.co.za/teams/rayne-stroebel/
Die spreker, Rayne Stroebel, teken die register volgens Covid-19-protokol. Links: Christa Schreuder, regs Amarie le Roux, voorsitter Paarl Aandtak.
Gebakinskrywings: papawersaadkoek
Marinda Rall, sirkelpresident, by Lillebet Slabber, beoordelaar
Die spreker, Rayne Stroebel, by bestuurslede v.l.n.r. Hetta van der Merwe vise-voorsitter, Amarie le Roux voorsitter en Una Engelbrecht sekretaresse.
Leave A Comment